Show

Touch Of Class

Price

R 150.00

Date & Time

06/07/2019 20:00

Available Seats

9
Touch Of Class:
In ’n klas van hulle eie…
‘Hoendervleismooi’ is die perfekte woord om die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, se werk op te
som. Hierdie duo, Ruhan du Toit en Deon van der Merwe het besluit om hulle uitsonderlike talent saam te
span. Vandag spog hulle met ’n nuwe kontemporêre klank, wat aanklank vind by jonk en oud. Deon se
instrumentele vernuf en Ruhan se veelsydige vieroktaaf-stem is die perfekte pasmaats en, na dertien albums
saam, vermaak hulle gehore met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras, wat wissel van
Country, Klassieke Rock, Rock ’n Roll en Pop, tot Klassieke Musiek, Blues en ander tradsionele
musiekstyle.
Hul 100 Duisend Perde album wat aanhangers se asems nog steeds behoorlik wegslaan en binne sewe
maande platinumverkoopstatus bereik het is nog steeds onder een van die top verkopers. Hulle sielvolle
weergawe van die bekende Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence, het die gehoor op hulle voete
gehad gedurende hulle optredes by Classics is Groot en Afrikaans is Groot in 2016 en die musiekvideo is,
sedert die vrystelling in Junie 2016, deur meer as twee miljoen mense op YouTube gekyk.
Aanhangers se asems is verder weggeslaan en geniet tans die album Magic, wat in 2017 binne twee en half
maande Goue status bereik het en vir 3 weke no.1 was onder die Afrikaanse Top 20 en 4 weke no.1 van alle
afrikaanse albums. Die album spog onderandere met Yesterday saam met Coleske, Total Eclipse of the Heart
saam Tarryn Lamb, The Prayer & Vivo Per Lei saam Monique Steyn & dan Miserere saam met Jannie
Moolman.
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA: BESPREKINGS EN NAVRAE:
Facebook: https://www.facebook.com/touchofclassmusic/ Marinda Du Toit
Twitter: @touchofclass123 Kontak: 084 602 1326 - Slegs oproepe
Webblad: www.touchofclass.co.za E-pos: toc.livemusic@gmail.com
Direkteure: Deon van der Merwe & Ruhan du Toit
Touch of Class, Imbuialaan 15, Eldoraigne, Pretoria, 0157
Die musiek duo het al die verhoog gedeel met van die land se voorste kunstenaars by van die grootste
musiekfeeste en –konserte en doen dan so voort in 2018 en 2019.
? Lewendige DVD, is tans ook beskikbaar binnekort volg ons oorspronklike album sal ook.
Touch of Class se roerende en unieke aanslag, doen hulle naam beslis gestand, want dié musikante is regtig
in ’n klas van hulle eie.
Hierdie musiekmeesters het beslis vir hulself ’n stewige plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf kom
vestig.
DIE MANNE AGTER DIE MUSIEK
Deon van der Merwe is ’n bekroonde kitaarspeler en een van die oorspronklike stigterslede van Touch of
Class. Buiten vir sy betrokkenheid by die groep, het hy ook verskeie suksesvolle kitaaralbums uitgereik,
waaronder Kitaarboogie, Hits of The Shadows, Crying Guitar en A tribute to Ricardo Bornman.
Laasgenoemde is in 2008 met ’n SAMA-toekenning vereer. Dié saggeaarde musikant, wat op vyftien begin
kitaarspeel het, spog ook met ’n Meestersgraad in Kliniese Sielkunde. Alhoewel hy daarvan sou hou om met
laasgenoemde ’n verskil in mense se lewens te maak, is dit sy allesoorheersende passie vir musiek wat harte
raak. Hy luister na ’n wye verskeidenheid genres - veral Barok, Spaanse musiek en meer progressiewe
Country en Blues - omdat hy voel dit hom meer oor sy instrument kan leer. Deon is vreeslik dankbaar vir al
die sukses wat hy tot dusver in sy loopbaan bereik het en beskou dit as ’n voorreg om saam met Ruhan te
werk. “Ek bewonder sy stemkwaliteit, vermoë om alle style te interpreteer en sy stem perfek aan te wend.
Hy is alles wat ’n mens van ’n vriend en ’n vennoot kan verlang.”
Ruhan du Toit se veelsydige fluweelstem steel al harte vandat hy nog in die laerskool was. Hy het sy eerste
album uitgereik op die ouderdom van tien en dit was maar net die begin van hierdie singende wonderkind se
musiekreis. Sedertdien het hy gemiddeld 150 vertonings per jaar gedoen, rolle gehad in verskeie
musiekblyspele en teaterproduksies, asook vier solo-albums en twee duet-albums saam met sy broer
opgeneem. Hy is tans die hoofsanger van Touch of Class en meen dat dié voorreg hom te beurt geval het
omdat hy op die regte tyd op die regte plek was. Hierdie talentvolle kunstenaar, wat homself beskryf as
skaam en teruggetrokke, luister graag na sinvolle musiek en beskou dit as ’n seën om elke dag te kan doen
waarvoor hy lief is en dit nog boonop met sy vrou te kan deel. Ruhan glo dat musiek ’n universele taal praat
en het groot bewondering vir die feit dat Deon, na al die jare in die bedryf, nog kan opgewonde raak oor
nuwe klanke. “Ek leer vreeslik baie by my vennoot. Ek het nog min mense teëgekom wat so passievol is oor
musiek en sy instrument en dít is aansteeklik.”
VOLG