Show

Cordelia

Price

R 120.00

Date & Time

25/08/2018 20:00

Available Seats

233
Met haar debuutalbum 'Breek die Stilte' wat in Mei 2015 vrygestel is en benoem is in 2016 vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Pop Album van die jaar, asook Maroela Media se Album van die jaar in 2015 en vroulike kunstnaar van die jaar het Cordelia GROOT OPSLAE gemaak in die Afrikaanse musiekbedryf.

Haar treffer liedjie 'Mal In Jou Kop' het baie aandag getrek en in ’n oogwink as die nommer een posisie op verskeie afrikaanse radiostasies regoor Suid-Afrika beklee. Gou het haar volgende treffers op die album ook die nommer een posisie beklee met liedjies 'Breek die Stilte', 'Eerste Woorde', 'Spel van Liefde' en 'Beloftes', haar onlangse duet saam met die Campbells wat groot opslae maak en nou beskikbaar is op die nuutste 'Afrikaas is Groot' kompilasie.

Die kunstenaar is ook nie 'n nuweling vir hoofverhoee saam met bekende kunstenaars en liedjie skrywers in die musiek en vermaaklikheids bedryf.

Haar musiek video 'Mal in Jou Kop' is reeds meer as 390,809 keer op 'YouTube' besigtig en al haar musiek video's kry gereeld lugtyd op verskeie afrikaanse televisiekanale in Suid Afrika.

Hierdie veelsydige kunstenaar verskyn gereeld op Suid Afrikaanse televisie as gaskunstenaar in aktualiteits programme en was ook te sien in die sepie 'Sterlopers' op kykNET.

Sy het haar landslied optrede op LOFTUS Versveld in 2016 gemaak met die sing van die Australiaanse landslied in die rugbytoets tussen Suid Afrika en Australia.

Benewens televisie is Cordelia ook te sien op die silverdoek en het rolle vertolk in twee Suid Afrikaanse rolprente, 'Hatrsbegeertes' in 2015 waarvan sy die tema lied ook geskryf het en 'Gebore Talente' wat eersdaags landswyd te sien sal wees.