Show

Franja du Plessis & Ruan Josh

Price

R 100.00

Date & Time

12/08/2017 20:00

Available Seats

223
Franja is ‘n 22 jarige sangerers, liedjieskrywer en aktrise. Sy neem van skool af deel aan sang en talent aande en in matriek neem sy deel aan haar skool (Hoërskool Die Wilgers) se revue, en speel die hoofrol, Leika.
Franja het al opgetree regoor die land in konserte soos Afrikaans is Groot (2013) en Gospel Skoupsel in Kaapstad (2013). Franja was ook in 2013 te sien in die fliek “As jy Sing” en vertolk een van die hoof karakters, naamlik Marna. Sy het die liedjie “In twee geskeur” spesiaal geskryf vir die fliek “As jy Sing”.
Franja is ook ‘n liedjieskrywer en het help skryf aan die volgende liedjies van Juanita du Plessis:
1. Om jou pinkie – “Jy voltooi my”
2. Kaalvoetkind – “Jy voltooi my”
3. Aanhou om aan te hou – “Toe staan die wêreld stil”
4. Hou op soek – “Toe staan die wêreld stil”

Ruan Josh is ‘n 27 jarige sanger, akteur en besigheidsman. Hy neem van skool af deel aan kompetisies en produksies en word in 2007 aangewys as die Beste Byspeler in die ATKV se Nasionale Tienertoneel kompetisie by Aardklop toe hy deel gevorm het van Hoërskool Die Wilgers se stuk “Reis, Vleis en Gebakte klippe”.
Ruan het al regoor die land opgetree in konserte soos Afrikaans is Groot (2013) en Gospel Skoupsel in Kaapstad (2013). Ruan was ook te sien in die verhoogproduksie “Droomkind – Die storie van Josef”.
Ruan help ook skryf aan die volgende Juanita du Plessis liedjie:
Kaalvoetkind – “Jy voltooi my”