Show

Juanita Du Plessis

Price

R 170.00

Date & Time

10/05/2018 20:00

Available Seats

99
JUANITA DU PLESSIS
Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit. ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin het intussen hul geboorteland, Namibië en Gobabis (hul tuisdorp vir 5 jaar - op daardie stadium) agter gelos en hulself gevestig in Pretoria. Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik. Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog” (2007), is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye.

In 2012 behaal Juanita 'n mylpaal wat sy nooit vir haarself kon indink nie. Sy word die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2 000 000 albums in Suid-Afrika te verkoop.

Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika.
DISKOGRAFIE
CD'S
Young Hearts (1998) Platinum status
Ek en Jy - Ska-Rumba (2000) 3 x Platinum status
Dis Waar Ek Wil Wees (2002) Dubbel Platinum status
Jy Is… (2003) 3 x Platinum status
Altyd Daar (2004) 3 x Platinum status
Bly by my (2005) Dubbel Platinum status
Jou Skaduwee (2006) Dubbel Platinum status
Vlieg Hoog (2007) 4 x Platinum status
Volmaakte Kring (2007) 3 x Platinum status
Bring jou Hart (2008) 3 x Platinum status
10 Jaar Platinum Treffers (2008) 3 x Platinum status
Engel van my hart (2010) 3 x Platinum status
Wees lig (2011) 2 x Platinum status
Hart vol drome (2012) Platinum status
Jy voltooi my (2012) Platinum status