Show

Touch Of Class

Price

R 150.00

Date & Time

07/07/2018 20:00

Available Seats

40
Highly talented and recommenable musicians, Deon van der Merwe & Ruhan du Toit is know well known as 'Touch of Class'

Die groep Touch of Class, met oorspronklike lede Deon van der Merwe en Ronell Erasmus, het in 1985 onstaan en was aanvanklik ook die begeleidende orkes vir Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.

Hulle album “Ek en my meisie” wat gedurende 1992 die lig gesien het, het goue status bereik met 25 000 verkope en voortgegaan om twee jaar later platinum status te bereik. Verskeie goue albums het gevolg, byvoorbeeld “Bamboesbos”, “Stamp daai bene” en “Moenie worrie nie”. Vier van Ronell Erasmus se geestelike albums, waarvan haar DVD en die album “Halleluja” het dubbel platinumstatus (80 000 eenhede) bereik.

Deon van der Merwe se kitaaralbums “Kitaarboogie”, “Treffers van die Shadows”, “Crying guitar” en “’n Huldeblyk aan Ricardo Bornman” het ook goue status bereik. Vir laasgenoemde huldeblyk-album het hy ook ’n SAMA-toekenning ingepalm. Touch of Class het tot op datum 19 albums uitgereik.

Na 23 jaar saam het Ronell gedurende 2011 besluit om haar slegs op haar geestelike loopbaan toe te spits. Gedurende hierdie tyd het Ruhan du Toit by Touch of Class aangesluit en tot op hede het hy en Deon reeds elf albums saam voltooi. “Koffiefontein”, “Groep 2”, “Nostalgie”, “Lotzsa Smokie”, “A Touch of Classic”, “Stukkie van der Merwe 1”, “Stukkie van der Merwe 2”, “Classic Rock Project”, “Dans in die Reën” en die “Salute the Legends” reeks met onder meer Demis Roussos, Joe Dolan en Gé Korsten is uitreikings waarop hulle trots is.

Nou, gedurende April 2016 stel Touch of Class hulle splinternuwe dubbel album getiteld 100 Duisend Perde bekend.