Show

Jay

Price

R 130.00

Date & Time

19/05/2018 20:00

Available Seats

4
JAY - Treffers soos #DisHoeOnsRol, Twee, Melanie, Is Ek Nie Die Een & Superhero.
Jay du Plessis se langverwagte solo-album, SOLO, het einde 2010 die winkelrakke betree en spog reeds met PLATINUM STATUS vir verkope meer as 40 000 en ook TWEE Huisgenoot Tempo Toekennings vir Beste Pop Album en Liedjie van die Jaar vir MELANIE asook twee SAMA-nominasies vir Beste Pop Album en Beste Nuweling!!!

Jay se uitmuntende stemkwaliteit gekombineer met sy plat-op-die-aarde persoonlikheid, passie vir musiek asook pop-rock treffers vanuit die pen van SA se grootste liedjieskrywers sal maak dat dié solo-album wat nou landswyd beskikbaar is ‘n debuut-album gaan wees om te onthou!

Hy is ook later vanjaar te sien in die rolprent PLATTELAND uit die pen van Deon Opperman en Sean Else waar hy die rol van Jakes vertolk en boonop speel Steve Hofmeyr sy pa…

MEER OOR JAY
Jay het sy professionele debuut in 1999 gemaak in Neil Lessick se Let’s Rock as hoofsanger en kort daarna die understudy gedoen vir die rol van Joseph in die staatsteater produksie van Joseph and his Amazing Tecnicolour Dreamcoat. Kort op hul hakke was verskynings in The Rocky Horror Picture Show, lid van die DooWah Boys en toe ‘n hoofrol in Janice Honeyman se pantomime, A Lad In a Lamp, waarvoor hy ‘n FNB Vita nominasie ontvang het.

Jay is ook ‘n ou hand in korporatiewe teater en die hoogtepunt daarvan was ongetwyfeld sy deelname aan oud President Nelson Mandela (Madiba) se 85ste Verjaardagvieringe wat internasionaal uitgesaai is.

In 2001 het hy ook die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand gewen en die album wat daaruit gevloei het is vir twee GMT-toekennings benoem en het die toekenning vir Beste Pop Album ingepalm.

Sedert 2001 was sy hooffokus – EDEN. Onder leiding van Coleske Artists het EDEN verskeie platinum en dubbel platinum albums uitgereik en verskeie treffers op radiostasies reg oor die land. Hulle spog ook met ‘n hele rits SAMA(South African Music Awards)-nominasies asook twee SAMA’s vir Beste Afrikaanse Pop Album. Eden het ook nog ‘n verdere drie toekennings vir Album Van die Jaar ingepalm tussen die Huisgenoot Tempo en die Rapport Vonk-toekennings. Eden se nuwe album, Dekade is vroeër vanjaar uitgereik as dubbel CD met treffers van die afgelope tien jaar. Jay was ook weer onlangs saam met EDEN te sien in Janice Honeyman se pantomime, Aladdin en het gehore staande gehad aand na aand.
Nou kan Suid-Afrika hulle regmaak vir gatskop vertonings reg oor die land met splinternuwe treffers in die pop-rock genre en natuurlik is hy sag op die oog!

MEER OOR DIE ALBUM, SOLO
Jay se solo album is al ‘n hele paar jaar in die pyplyn en na byna drie jaar se uitstel is die album getitled, SOLO eindelik hier. Soos die album se titel dui is dit sy eerste solo-album en ‘n baie opwindende hoofstuk in Jay se lewe…

SOLO spog met ongelooflike liedjies uit die pen van ons land se voorste liedjieskrywers. Ewald Coleske was die senior skrywer op die album en Reana Nel en Jay het saam met Ewald vir meeste van die snitte op die ablum gesorg. Dewald Wasserfall en Johan Vorster het ook help skryf.

Die album, SOLO, bevat 13 snitte waarvan nie minder nie as 11 oorspronklik is.
Daar is besonder baie tyd spandeer aan detail tydens produksie van dié album. SOLO se produksie is van besondere kwaliteit en verleen ‘n goeie grondslag vir die liedjies om te vertoon soos hulle bedoel was toe dit geskryf is.

Die aanhangers en kritici kan verwag om kommersiële pop klanke te hoor, maar sal ook hul sintuie kan treat met ‘n pop-rock klank waarmee daar nog nooit in Afrikaans ge-eksperimenteer is nie. Die goeie vocal production en die feit dat die onderwerpe relevant en van persoonlike waarde vir Jay is, rond dit alles af en maak hierdie album een waaroor Jay en Coleske Artists baie trots kan wees. SOLO gaan verseker sy merk los in die Suid Afrikaanse musiekbedryf.

Jay se eerste enkelsnit vanaf SOLO - IS EK NIE DIE EEN beloof ‘n groot treffer met sy catchy lirieke en melodie. Jy kan nie anders as om jou voet op die ritme te beweeg en saam te sing op hierdie een nie…

KAN NIE SONDER JOU met sy duidelike rock-invloed asook die emosioneel belaaide ballade, SOMS SIEN JY MY is snitte wat die album gaan vlerke gee. Ander snitte sluit in MY HART WIL JOU NIE LOS NIE, PAD TERUG HUIS TOE, JY’T GESê, BAIE VAN MY VIR NET ‘N BIETJIE VAN JOU, IEWERS en KISS A GIRL.

MELANIE uit pen van Johan Vorster is defnitief ‘n aansteeklike pop snit wat reeds vanjaar tydens Huisgenoot Skouspel baie goed ontvang is.

SOLO sluit ook twee duete met Lianie May in waarvan die splinternuwe treffer, IN A MOMENT LIKE THIS reeds op hoë rotasie is op meeste radiostasies landswyd. As bonussnit is hulle immergroen duet wat ook Musiekvideo van die Jaar by die Huisgenoot Tempo- en die Rapport VONK-toekennings gewen het– TOE STOP MY HART ingesluit.

Kyk uit vir musiekvideo’s van SOMS SIEN JY MY en MELANIE wat binnekort verfilm word.

Die lirieke op SOLO is eerlik en handel oor onderwerpe waarmee ieder en elk kan identifiseer.

Hierdie vrystelling in die pop rock genre is beslis ‘n album wat almal se voete aan die jeuk sal kry!