Show

Dirk Van Der Westhuizen

Price

R 120.00

Date & Time

26/10/2019 20:00

Available Seats

0
NEW CD - STOOM
Vir Dirk van der Westhuizen is die verhoog geen nuwe ervaring nie – die lewenslustige jong man sing en skryf al van die ouderdom van 12 jaar af en het van jongs af geweet die verhoog is sy tuiste.

Dirk is gebore op 21 Mei 1990 in Pretoria en het in 2009 voltyds begin om sy merk te maak in die Afrikaanse musiekbedryf. In 2010 het hy sy eerste CD uitgereik, is dit jy. In 2012 word hy deel van die Maroela Musiek stal en reik sy 2de CD, Uithak, uit.

Nou 2 jaar later reik hy sy derde CD #GooiJouSuikerOpMy uit. Met vervaardigers soos Werner Beukes, Vaughan Gardiner en Ferdinand Skead lewer hierdie album 'n splinternuwe klank aan die luisteraar. Met agt snitte uit Dirk se eie pen, drie deur Vaughan Gardiner en een Deur Werner en Jo-Marie Beukes het Dirk 'n wen resep beet. Dirk se eerste enkelsnit vanaf #GooiJouSuikerOpMy getiteld #DeurJouOë speel reeds op talle radiostasies se Top 20 en Top 40's - insluitend JacarandaFM, BokRadio, Bosveld Stereo, IFM, GROOTfm, RSG en vele meer.

Hou Dirk se Facebook blad dop vir alle verder inligting rondom hierdie opwindende tydperk in sy musiekloopbaan.
Maroela Musiek Groete.


Awards
- HosaRadio 52 weke op Top 20 met 'Bodyshot'.
- 185 000 YouTube views in 6 weke met 'Supercool (Gangnam Style).
- IFM Top 20 Afrikaanse Treffer vir 2013 met 'Omvergifnis'.