Show

Leah (FT.Lee Scott)

Price

R 130.00

Date & Time

21/02/2019 20:00

Available Seats

76
Valentine's Special...
Buy one & Get One Free

Leah & Lee Scott spring 2018 weg met hulle opwindende Battle of the Sexes- toer.

Leah het bekendendheid verwerf vir haar rol in die musikale rolprent, As Jy Sing saam met Bobby van Jaarsveld met haar album, Wonderwerk Deluxe weergawe wat goue status behaal het. Van haar grootste treffers sluit in Met Jou Klere Aan, Volmaan, Jou Liefde en sy was ook nou vir twee jaar in ‘n ry Bok Radio se Vroulike kunstenaar van die Jaar met verskeie Tempo en Ghoema Musiektoekennings op haar kerfstok.

Na 11 jaar in die musiekbedryf kan Lee reeds ‘n lang lys van prestasies op sy naam skryf. Hy was nie net 2 jaar lid van die boyband – Hi-5 nie, maar het ook aan verskeie verhoogproduksies deelgeneem, waaronder Abba Magic SA, Reik na die Sterre – Die Musical en vele meer. Lee was ook deel van Jennifer Rush se Suid-Afrikaanse toergeselskap in 2015.

Meer onlangs het hy kykNET se Musiekvideo projek gewen vir sy nuutste enkelsnit, Perfekte Vreemdeling en is ook tans die aanbieder vir die musiekprogram, Kliphard op SABC 2.

Die vertoning sluit in medleys van die grootste groepe in musiekgeskiedenis insluitende Queen, Abba en vele meer. Goue oues deur Aretha Franklin, George Micheal, Madonna en Elton John kan verwag word asook ‘n paar moderne pop treffers van Justin Bieber, Adele, Taylor Swift en Sam Smith.

Maar dis nie al nie – Leah en Lee gaan ook van hulle eie liedjies sing wat al op verskeie plaaslike radiostasies en televisieprogramme se ranglyste verskyn het. Sien uit na ‘n aand van nostalgie, sielvolle ballades en op-en-wakker hits deur twee van die beste stemme in die plaaslike musiekbedryf!