Show

BRENDAN PEYPER

Price

R 130.00

Date & Time

12/10/2019 20:00

Available Seats

132
BRENDAN PEYPER SE NUWE ALBUM, “DIS NIE SONDE NIE” – SO LEKKER DAT DIT DALK BEHÓÓRT TE WEES!
Sedert Brendan Peyper se verskyning op die Suid-Afrikaanse musiektoneel drie jaar gelede, stoom sy loopbaan met mening, en tonne sukses, voort. Met sy eksplosiewe nuwe album “ “Dis Dis nie nie sonde sonde nie nie” ”, gooi hy selfs nóg kole by ‘n reeds witwarm vuur! Die onmiskenbare Brendan-vonk vloei sterk in die album se are, met polsende ritmes, liriek, melodie en harmonie wat jou in amper anthemstyl aanspoor om die lewe en liefde meer voluit aan te gryp en werklik te lééf. Die dertien snitte wat dit omvou dra elkeen hul gevoelens op die mou en borrel oor met aansteeklike energie, vryheid en perkeloosheid – die tipe ding wat jou sal optel in watter bui jy ookal is; jou opnuut sal laat besef dat dit als behalwe taboe is om een honderd persent jouself te wees en die mense en dinge wat jou hart gelukkig maak na te jaag. Hoë tempo snitte soos die titelsnit, “Maak die perde los”, “Jy laat dit maklik lyk”, “Klim jou Everest”, “Vir nou” en “Reg soos ‘n roer” word goed afgewissel met effens rustiger liedjies soos “Mooi” en “Vat aan my”, die Carpe Diem-snit, “Die lewe’s te kort”, en die tong-in-diekies “Af die plaas af”, met die oorgrote meerderheid van snitte wat goed oorgehaal is om ‘n dansvloer behoorlik blink te vryf! Twee topklas Engelse bederwe is ook by hierdie album ingesluit: Brendan se indrukwekkende weergawe van John Parr se “St. Elmo’s Fire (Man in motion)” en ‘n ietsie uit die vurige vyftigerjare, met sy “Buddy Holly Medley”, wat enige iemand met ‘n hartklop, bínne ‘n hartklop, hulle dansskoene sal laat afstof vir treffers soos “Oh boy”, “That’ll be the day”, “It’s so easy to fall in love”, “Maybe baby” en “Johnny B Goode”. “Dis nie sonde nie” is ‘n album met soveel skop en lekkerkry dat jy die titel móéilik sal glo – een wat moontlik ‘n luidspreker of tien gaan sien sneuwel, maar vir al die regte redes!