Show

Dewald Wasserfall

Price

R 120.00

Date & Time

03/02/2018 20:00

Available Seats

155
Dewald Wasserfall is gebore op 11 Oktober 1984 in Empangeni, Kwazulu Natal. Sy familie verhuis na Alberton waar hy in 2002 matrikuleer aan die Hoërskool Marais Viljoen. Na skool voltooi hy sy Nasionale Hoër Diploma in Vermaaklikheidstegnologie aan die destydse Technikon Pretoria.

Musiek het egter harder geroep en in 2006 begin Dewald voltyds werk aan ’n musiekloopbaan. Hy bereik matige sukses met die groep “Wasserfall” en treffers soos “Suikerbos” en “All about me”, voordat hy in 2010 besluit om ’n solo loopbaan te volg.