Show

Juanita du Plesiss

Price

R 170.00

Date & Time

02/09/2022 20:00

Available Seats

117
Juanita du Plessis is 'n Afrikaanse sanger, gebore op 26 April in Windhoek, Namibië. Sy het bekend geword vir haar liedjie Ska-Rumba. Du Plessis se sangloopbaan het in 1998 begin met haar debuutalbum Juanita. Daardie jaar het sy die CMA (Country Music Association in Namibia) toekennings gewen as beste sanger, beste liedjieskrywer en die Vereniging se Toekenning vir uitstaande prestasie.

Haar rekordverkope beloop meer as 3 000 000. In 2010 ontvang sy 'n Suid-Afrikaanse Musiek-toekenning in die kategorie Beste Afrikaanse DVD vir haar 10-jaar-treffervieringproduksie. Die DVD bevat haar suksesvolste treffers oor die eerste 10 jaar van haar sangloopbaan. Sy is ook vir die sewende agtereenvolgende jaar as die gewildste vroulike kunstenaar gekroon tydens die Huisgenoot se Tempo-toekenningseremonie in Johannesburg gedurende 2011. In 2018 het sy 20 jaar in die musiekbedryf gevier en 'n grootste treffer-album 20 Jaar – Treffers van 2008–2018 uitgereik. Biggest Seller up to date: Vlieg hoog gospel album vol.2 - Juanita du plessis. 190 000 eenhede verkoop x5 platinum