Show

Ruhan Du Toit

Price

R 150.00

Date & Time

11/12/2021 19:00

Available Seats

107
Ruhan du Toit is 'n Suid-Afrikaanse sanger. Hy het in Port Elizabeth grootgeword en woon tans in Pretoria.[1] Hy is al sedert 1993 in die musiekbedryf en sing in ses tale, veral Afrikaans en Engels.

Op tienjarige ouderdom het Du Toit sy eerste soloalbum, Die Hemel Is (1994) uitgereik en daarna nog drie: Mensekind (1995), I believe (1997) en Sal ek jou kom haal (2008). Hy het ook twee duetalbums, Sound of Silence (2000) en Langpad (2006), saam met sy broer, Jeanré, opgeneem.

Du Toit het in 2012 by die musiekgroep Touch of Class aangesluit[2] en het 'n paar jaar saam met die kitaarspeler Deon van der Merwe opgetree. Die Engelse liedjie The Sound of Silence van Simon & Garfunkel, as deel van dié groep, was een van sy groot treffers.



https://www.youtube.com/watch?v=L4-CY8_Dd5I