Show

Andriëtte

Price

R 120.00

Date & Time

29/04/2017 20:00

Available Seats

80
Andriëtte
' Genade dis 'n Dekade' 10 jaar later

29 April 2017 - Live at Barnyard Vereeniging.
Andriëtte Norman het reeds in 2007 as 'n vars vokale vonds in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie begin woel. 8 jaar later hou sy steeds aan om
musiekliefhebbers én resensente te verras met een puik album na die volgende.

Haar kenmerkende lae register verwissel moeiteloos met betowerende hoë note om nuutskeppings soos 'Napoleon', 'Sewe oseane', 'Ons' en 'Met ander woorde' - sowel as haar vertolkings van immergewilde gunstelinge - in harte, en ranglyse, regoor Suid-Afrika in te sing!
Oor die verstek van 4 hoogs suksesvolle albums – 'Diamant', 'Dink aan my', 'Vat my hoër' en 'Wat rym met liefde' - het Andriëtte die lirieke en melodieë van onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer, Chris Chameleon, Hunter Kennedy, Steve Hofmeyr en Fred den Hartog, sowel as haar eie skeppings, die lig laat sien.


Die albums is uitstekend ontvang, met 'Diamant' en 'Vat my Hoër' wat goue status behaal het, terwyl 'Wat rym met liefde' die kerf van 40 000 verkope verbygesteek en só platinum status bereik het.
Te oordeel aan dié verkope, haar verskeie ranglys-treffers, sowel as die opkoms by haar lewenige vertonings regoor die land, is Andriëtte sonder twyfel een van Suid-Afrikaanse musiek se groot gunstelinge, met nog groter mylpale en hoër hoogtes in die visier!