Show

Elandré

Price

R 150.00

Date & Time

13/11/2021 19:00

Available Seats

42
In 2019 is die sukses van sy eerste album gevolg met die konsep-album:
Boomhuis. Die eerste enkelsnit, Vuur op die Water, het 'n nuwe kleurryke fase
vir die voormalige teaterstudent aangekondig. Die musiekvideo vir dié
enkelsnit het miljoene trefslae opgelewer.
Dit was opgevolg met esteties-kragtige en droomagtige musiekvideos: soos die
afskeidsballade Tussen Die Lakens, die romantiese bas melodië van Woorde
Uit Jou Mond, en die nuutste kus-disco oplewering In Hierdie Ding.
Sedertdien het menige getroue ondersteuners ook in sy 'Boomhuis' gekuier
tydens sy landswye toere.
Sy lirieke het ook deel gemaak van die duet 'Dalk' saam met Refentse,
Andriette se Sy Is Ma, en die optimistiese groepprojek Ons Maak Saak - in
samewerking met Brendan Peyper, Refentse en Christia Visser
Die soms jeugdig, soms volwasse werk van Elandré word bestempel as vars,
onverwags, onvergeetlik, en trots Afrikaans. Aan die hoof van elke lied,
musiekvideo, of verhaal is die trefkrag egter steeds sy unieke bariton stem.
Nou is Elandré terug, om selfs nog groter golwe te maak, met sy derde album:
Rugsak!
Hierdie voortreflike nuwe versameling beloof om van sy beste werk tot dusver
te wees, met aangename verrassings, en ‘n nuwe aanslag tot sy unieke lirieke
en musiekstyl.
“Ek is geleer dat ons elkeen die lewe deurgaan met ‘n rugsak. ‘n
Spreekwoordelike bêreplek vir die klippe wat jy op jou lewenspad vind. Dit is
in die stilte van ‘n pandemie dat ek die geleentheid geneem het om my eie
rugsak om te keer, te analiseer en te vereer.” – Elandre
Ondersteuners kan nou gaan luister na die eerste enkelsnit, vanaf sy nuutste
album, Rugsak. Binne & Buite is beskikbaar op alle digitale platforms!
Pak jou rugsak en maak gereed vir ‘n nuwe avontuur!

https://www.youtube.com/watch?v=nomySRt5nRc