Show

Jan Blohm

Price

R 150.00

Date & Time

10/12/2021 19:00

Available Seats

2
Blohm is op 25 September 1978 as George Harry (Jorrie) Kymdell in Kroonstad gebore en het op ouderdom sewe begin met musiek- en klavierlesse. Ná skool het hy by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit waar hy opleiding in radiokommunikasie ontvang het en daar homself leer kitaar speel het. Ná vyf jaar in die lugmag het hy 'n loopbaan by 'n inligtingstegnologiemaatskappy begin.

Tussen 1998 en 2003 was hy lid van verskeie rockorkeste, by name Demigods, Ledd Eye en Duin 7. In 2002 het hy voltyds sanger en klankingenieur geword. In 2003 begin hy as solo-kunstenaar optree en konsentreer op Afrikaanse musiek. Sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, is in 2004 bekendgestel. Twee van sy liedjies is op die versamelalbum Volk Jou Ook deur Wildebeest Records opgeneem (onder die naam George Harry) en talle van sy liedjies is op ongeveer 27 ander versamelalbums te vinde


https://www.youtube.com/watch?v=sT9UTvXCgAA