Show

Almal is MAL! - Mel die Storieverteller

Price

R 150.00

Date & Time

08/12/2023 19:00

Available Seats

185
Mel kom Vereeniging toe!!!!

Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller.

Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater en is ‘n reuse sukses onder die 400 gehoorlede wat skater van die lag. Vinnig vat die vertoning vlam en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika om komiese verligting te saai. Die komiese teks vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21-jarige konserwatiewe meisie en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander).

Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor. Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.

Deure open 18:30 en show begin 19:00. Lede in gehoor het die geleentheid om drankies te bestel by die kroeg wat hul by tafels kan geniet tydens vertoning.

Geen onder 16s.